Bestellings (Suid-Afrika)
Volg asseblief die volgende riglyne om een of meer boeke by Kraal-Uitgewers te bestel:
- Lees asseblief ons terme en voorwaardes met betrekking tot bestellings.
- Tree met ons in verbinding om die beskikbaarheid en versendingskoste van die boek(e) wat graag wil bestel te bevestig. (Die besikbaarheid van boeke volgens die webblad is nie noodwendig op datum nie).
- Betaal die betrokke bedrag oor in Kraal-Uitgewers se bankrekening.
- Ons sal u boeke verpak en versend met versekerde pos (via die Suid-Afrikaanse Posdiens). U kan u boeke gewoonlik binne twee weke verwag.
- Vir enige verdere (or deurgaande) navrae tree gerus met ons in verbinding.
Terme en Voorwaardes
Vergewis u asseblief deeglik van die volgende terme en voorwaardes betreffend bestellings by Kraal-Uitgewers:
Kraal-Uitgewers druk nie ‘n groot oplaag van elke boek nie - in die meeste gevalle word slegs ‘n duisend genommerde boeke in 'n opgawe gedruk. Boeke mag dus (en sommige het reeds) vinnig uitverkoop.
Daar bestaan 'n moontlikheid dat u 'n boek bestel het en dit nie betyds op die webwerf aangedui is dat die boek reeds uitverkoop is nie. Indien dit wel gebeur maak ons verskoning en sal ons die situasie aanspreek met u beste belange op die hart (u sal in kennis gestel word as die boek nie beskikbaar is nie en dat ‘n transaksie dus nie kan plaasvind nie).
Ons maak gebruik van die Suid-Afrikaanse Posdiens om boeke na ons kliënte te versend en verpak dit vooraf in ‘n stewige karton omhulsel. Gewoonlik kan u u boek(e) binne twee weke verwag. Let asb. daarop dat ‘n boek nie versend sal word voordat die betrokke bedrag nie in ons bankrekening inbetaal is nie. Kraal-Uitgewers kan ongelukkig nie verantwoordelikheid aanvaar indien ‘n boek in die pos beskadig word nie. In ieder geval word boeke met versekerde pos versend. Wanneer ‘n boek wel beskadig is en bewys van beskadiging aan Kraal-Uitgewers gelewer is, sal dit uiteraard hanteer word.
Bankbesonderhede
| Bank: | Standard Bank |
| Tak: | Brandwag |
| Tak Kode: | 05-55-34-00 |
| Rekening Nr: | 041890728 |
| SWIFT adres: | SBZA ZA JJ ( wanneer van toepassing) |
Maatskappy Inligting
Kraal Publishers CC
Reg. No. CK 2000/056011/23
BTW No. 4910206962
Bestellings vanaf Namibië
Kontak Danaldij boekhandel:
Danaldij boekhandel
Meesterlaan 18
Outjo - Namibië
(+264 81) 376 6821
(+264 67) 313 943
(Neem asb kennis dat die pryse mag verskil weens vervoerkostes in Namibië).
Ander Buitelandse Versendings
Die meerderheid van ons kliënte is Suid-Afrikaners, dus versend ons boeke meestal op eie bodem in Suid-Afrika. Indien u egter buite ons land se grense is, kan u met ons in verbinding tree. Ons versend wel internasionaal, maar slegs op spesiale aanvraag. Die versendingskoste is uiteraard meer.