Die Erwe vir ons Kinders-Reeks
Wie was Dirkie Uys en Japie Greyling? En Christiaan Beyers? En presies wat het by Sannaspos gebeur? Afrikaanssprekende kinders word op skool die voorreg ontsê om meer te weet van hul voorgeslagte se handel en wandel.
Hierdie onderwerpe, en vele meer, word nou deur Kraal-Uitgewers aangespreek in Die Erwe vir Ons Kinders-reeks. Prof Andries Raath is die redakteur van die boeke. Die eerste boek in die reeks handel oor pres. Paul Kruger.
Kraal-Uitgewers is bewus van die ernstige leemtes in die opvoeding van Afrikaanssprekende kinders sover dit hulle blootstelling aan die geskiedenis van hul voorvaders aangaan.
Met die Erwe vir Ons Kinders-reeks spreek Kraal-Uitgewers juis hierdie problem aan om vir Afrikaanse kinders vir die eerste keer ‘n volledige oorsig van volk- en vaderlandsgeskiedenis te verskaf. Die boeke sal kinders ook vir die eerste keer in staat stel om ‘n goeie visuele beeld van die Afrikaner se geskiedenis te kry.
Elke boek in die reeks bevat opvoedkundige aktiwiteite en is juis so saamgestel dat die leermateriaal op ‘n positiewe wyse aan kinders oorgedra kan word.
Boeke word altyd in volkleur gedruk. Die meeste van die foto's is nog nooit vantevore gepubliseer nie.
Boeke se formaat is A5 en sal telkens minstes 64 bladsye beslaan.
Die prys van boeke in die reeks is R70,00 (BTW ingesluit) en die versendingskoste is R16,00.
Twaalf boeke per jaar sal in die reeks uitgegee word. Hierdie boeke sal in sub-reekse gegroepeer word, soos Ons Volksleiers, Volksmartelare, Groot Krygsmanne, Volksheldinne, Geloofshelde, en dies meer.
Die Boeke
Die volgende boeke is reeds deur Kraal-Uitgewers in die Die Erwe vir ons Kinders-Reeks uitgegee. U is welkom om enige van die boeke te bestel (onderworpe aan beskikbaarheid). Alle pryse word gelys in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
Sien ook die resensies en lees gerus meer oor ons Erwe van ons Vaad're-reeks.
Klik op een van die kleiner boekomslae hieronder om die boek se volledige inligting te vertoon.
Ons Volksleiers 1 - President Paul Kruger
M. Raath & A.W.G. Raath
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Die eerste publikasie vir kinders in die reeks Erwe vir Ons Kinders, handel oor die lewe en betekenis van president Paul Kruger in die volkslewe van die Afrikaner. In hierdie koffietafel-gehalte boekie word 'n oorsig oor die lewe van president Kruger gegee, toegelig met talle foto's wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Die aanbieding van die teks sowel as die illustrasies maak dit uitmuntend geskik vir kinderopvoeding en 'n uitstekende versamerlaarsitem vir volwassenes wat in ons heldegeskiedenis belangstel.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 210mm x 148mm (A5) |
| Aantal bladsye | 64 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Omslag | Sagteband |
Prys
| Kleinhandelprys | 61.41 ZAR |
| BTW | 8.59 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 16.00 ZAR |
| Totaal: | 86.00 ZAR |
Ons Volksmartelare 1 - Die dood van twee jong Kaapse rebelle
M. Raath & A.W.G. Raath
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Die eerste boek onder die tema Volksmartelare in die Erwe vir Ons Kinders-reeks gee 'n uiteensetting van die geskiedenis van twee jong Kaapse rebelle wat deur hul pligsbesef teenoor hul Republikeinse volksgenote die hoogste prys moes betaal. Die geskiedenis van Johannes Lötter en Izak Liebenberg vertel van die grootliks onbekende geskiedenis van twee jong manne wat hul lewens vir die volksaak opgeoffer toe die Engelse imperiale owerhede elke moontlike poging aangewend het om die Boereweerstand in die Kaapkolonie uit te doof. Talle foto's van hierdie twee helde - en andere - wat in die openbaar skuldig bevind en tereggestel is, vertel hierdie geskiedenis op onvergelykbare wyse.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 210mm x 148mm (A5) |
| Aantal bladsye | 64 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Omslag | Sagteband |
Prys
| Kleinhandelprys | 61.41 ZAR |
| BTW | 8.59 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 16.00 ZAR |
| Totaal: | 86.00 ZAR |
Ons Kinderhelde 1 - Japie Greyling
M. Raath & A.W.G. Raath
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Die eerste boek onder die tema Kinderhelde in die Erwe vir Ons Kinders-reeks bespreek inleidend die belangrike rol wat jong seuns gespeel het in die Tweede Vryheidsoorlog en gee 'n uiteensetting van die geskiedenis van die kinderheld Japie Greyling. Talle foto's is ingesluit en gee lewe aan hierdie verhaal wat nooit oud word nie. Dit is ongetwyfeld ook vir volwassens die moeitewerd om te lees.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 210mm x 148mm (A5) |
| Aantal bladsye | 64 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Omslag | Sagteband |
Prys
| Kleinhandelprys | 61.41 ZAR |
| BTW | 8.59 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 16.00 ZAR |
| Totaal: | 86.00 ZAR |