Resensies

Suffering of War: A photographic portrayal of the suffering of the Anglo-Boer War (Saamgestel deur Paul Alberts)

Stefanie Nieuwoudt, Beeld, 7 November 2003

Die ontsettende lyding wat oorlog meebring, word treffend uitgebeeld in ‘n nuwe boek oor die Anglo-Boereoorlog. Maar dié lyding moet in konteks gesien word.

Small Arms of the Anglo-Boer War (1899-1902), by Ron Bester & Associates

Martiens van Bart, Die Burger, 3 November 2003

(Dr. Ron) Bester en medewerkers het in die beste tradisie van wetenskapsbeoefening geen steen onaangeroer gelaat om die geboekstaafde inligting so noukeurig moontlik vas te stel nie. Nie net is elke museum en argief in Suid-Afrika vir besonderhede gefynkam nie, maar is ook die hulp van die talle regimentsmuseums in Brittanje ingeroep om daarmee te help.

KD, manMagnum, January 2004

To produce this definitive account of the arms employed in that sad conflict (the Anglo-Boer War of 1899-1902), Ron Bester assembled a first class team of historians and weapons experts

Die Smarte van Oorlog, deur Emily Hobhouse (Saamgestel deur Paul Alberts met bydraes deur prof Fransjohan Pretorius, dr Leopold Scholtz, kol. Frik Jacobs en Elria Wessels.)

Nols Nieman, Die Volksblad, 6 Junie 2005

‘n Uitsonderlike boek van topgehalte met merkwaardige foto’s uit die Anglo-Boereoorlog waarvan die meeste nog nie voorheen gepubliseer is nie.

Martiens van Bart, Die Burger, 25 Junie 2005

Alberts het nie ‘n faksimilee-uitgawe van Hobhouse se boek gemaak nie, maar wel die interessantste briewe daaruit oorgeneem. Die lang verslae met kampgegewens, wat nou net van akademiese belang is, het hy weggelaat. Maar om die boek soveel aanskouliker en betekenisvoller vir die moderne leser te maak, het hy nie minder nie as 250 bekende én seldsame foto’s oor die kampe en die oorlogslagveld uit die argief van die Oorlogsmuseum onttrek, dit digitaal versorg en op kunspapier van die beste gehalte in die boek afgedruk.

Dr At van Wyk, Beeld, 23 Januarie 2006

Dié boek is só groot, só mooi, só kosbaar, jy vat hom liggies. Dan skud hy jou met ‘n magdom foto’s – party het jy al gesien, baie nie, en almal is mooi met die jongste tegnologie gedruk.

John Bojé, Pretoria News, 8 May 2006

Die Smarte van Oorlog is a beautiful coffee-table book. Its subject matter is obviously not beautiful, but it is beautifully produced with a view to really bringing home the horrors of war. Although the book depicts the suffering of Boer women and children, the compiler has gone out of his way to universalise their experiences.

Ilse Salzwedel, Rooi Rose, Augustus 2006

Dit was nie die klagtes van die vroue in konsentrasiekampe wat die bittereinders in die Anglo-Boereoorlog tot onderhandeling gedwing het nie, eerder die wete dat ‘n hele geslag kon uitsterf. Want dié merkwaardige vroue het hul lot stil verduur net sodat hul mans kon aanhou veg vir vryheid.

 
↑ Terug na bo