Die Erwe van Ons Vaad’re Reeks
Die Erwe van ons Vaad're-Reeks
Voordat Paul Alberts Kraal-Uitgewers in 2002 gestig het, het hy in opdrag van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein aan ‘n omvattende tentoonstelling oor die lyding wat die Anglo-Boereoorlog veroorsaak het begin werk. Die tentoonstelling, Suffering of War, is in 2003 in Oliewenhuis-Kunsmuseum in Bloemfontein aangebied. Saam met die tentoonstelling is ‘n boek met dieselfde titel gepubliseer. Kraal-Uitgewers het die boek namens die Oorlogsmuseum uitgegee.
Die tentoonstelling en boek het dwarsoor Suid-Afrika ‘n opskudding veroorsaak en is daarna in verskeie Europese lande aangebied, selfs in Moskou in Rusland. Die enigste negatiewe kritiek wat die boek plaaslik ontvang het, was dat dit nie ook in Afrikaans uitgegee is nie.
Dit was juis hierdie belangstelling wat Alberts oortuig het dat daar duidelik ‘n behoefte by Afrikaners bestaan vir gehalte boeke oor sake rakende nie net die Anglo-Boereoorlog nie, maar moontlik ook die kultuur-historiese erfenis van die Afrikaner.
Alberts het hierdie boeke as ‘n reeks – Die Erwe van Ons Vaad’re – gevisualiseer, wat slegs die heel beste sou verteenwoordig waartoe die uitgewersbedryf in staat is. En daar sou altyd baie foto’s in hierdie boeke wees!
Die Erwe van Ons Vaad’re-reeks sou ook ’n poging wees om Afrikaanssprekendes opnuut te laat belang stel in die kultuurhistoriese geskiedenis van die Afrikaner.
Die Erwe van Ons Vaad’re sal bestaan uit uitsonderlike boeke wat oor aspekte van die Afrikaner se kultuur en geskiedenis handel. Elke boek in die reeks sal groot versamelaarswaarde hê deurdat die standaarduitgawe, net soos die leergebinde uitgawe, beperk sal wees. Daar sal onderskeidelik 1 000 en 200 eksemplare gedruk word.
Boeke in die reeks sou altyd dieselfde grootte en formaat hê en altyd op dieselfde, hoë gehalte kunspapier, gedruk word. Boeke sou op ‘n direkte bemarkingsgrondslag verkoop word om kostes te bespaar.
Die eerste boek, wat in 2005 uitgegee is, was Die Smarte van Oorlog, die Afrikaanse vertaling van Emily Hobhouse se beroemde boek, The Brunt of the War and Where It Fell, waarmee sy haar volksgenote in 1902 wou inlig oor wat werklik in die konsentrasiekampe in Suid-Afrika gebeur het.
Die Boeke
Die volgende boeke is reeds deur Kraal-Uitgewers in Die Erwe van Ons Vaad’re reeks uitgegee. U is welkom om enige van die boeke te bestel (onderworpe aan beskikbaarheid). Alle pryse word gelys in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR). Sien ook die resensies en lees gerus meer oor die Erwe vir ons Kinders-reeks.
Klik op een van die kleiner boekomslae hieronder om die boek se volledige inligting te vertoon.
Die Smarte van Oorlog
Samesteller: Paul Alberts
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Emily Hobhouse het in 1902 'n merkwaardige boek oor die Anglo-Boereoorlog vir haar landgenote saamgestel - The Brunt of the War and Where It Fell. Die boek bestaan in groot mate uit briewe van Boerevroue oor toestande in die konsentrasiekampe en oor die leed wat die oorlog hulle berokken het.
In die vroeë jare twintig is The Brunt of the War vertaal as Die Smarte van die Oorlog en Wie Dit Gely Het. Dr NJ van der Merwe was die vertaler.
Alberts se bewondering vir Emily Hobhouse het daartoe gelei dat hy besluit het om 'n seleksie van die briewe van Die Smarte van die Oorlog te illustreer met foto's van die ABO. Die titel van hierdie boek sou wees Die Smarte van Oorlog, omdat die lyding van vroue en kinders ten tyde van gewapende konflik universeel is.
Die Smarte van Oorlog was heel gepas die eerste boek in die reeks Die Erwe van Ons Vaad're, wat deur Alberts van stapel gestuur is. Die Smarte van Oorlog is sonder gelyke in die annale van publikasies oor die ABO.
'n Belangrike bydrae is die voorwoord deur prof. Fransjohan Pretorius, 'n kenner by uitnemendheid van die ABO. Hoofstukke deur prof. Leopold Scholtz, historikus en adjunk-redakteur van Die Burger, en kol. Frik Jacobs, Direkteur van die Oorlogsmuseum, is belangrike bydraes deurdat hulle die konteks verskaf waarbinne die briewe en die foto's gelees en gesien moet word.
Elria Wessels, navorser by die Oorlogsmuseum, het in 'n hoofstuk hulde aan Emily Hobhouse gebring, terwyl Alberts 'n verslag oor die belangrike rol van fotografie ten tyde van oorlog, en dan spesifiek gedurende die ABO, verskaf het.
Alberts se omvangryke kennis van dokumentêre fotografie is ingespan om die die foto's digitaal te versorg en te redigeer. Daar is heelparty foto's in hierdie boek wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie.
(Uitverkoop) Standaard-oplaag
Die Standaard-uitgawe is uitverkoop.
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 272 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband |
| Gewig | 2,5kg |
(Beskikbaar) Versamelaarsoplaag
Hardeband, gedeeltelik gebind in kalfsleer (die rugkant en hoeke) en met goud op die randte van die papier op drie kante. Die 200 eksemplare is genommer en deur die outeur en/of samesteller onderteken.
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 272 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband gebind in kalfsleer |
| Gewig | 2,5kg |
Prys
| Kleinhandelprys | 1,350.00 ZAR |
| BTW | 189.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 1,589.00 ZAR |
Die Bittereinde Vrede
Outeur: Prof. M C E van Schoor
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Die Bittereinde Vrede vul 'n lank-gevoelde behoefte in die boekery oor die Anglo-Boereoorlog. Sedert die verslag van Kestell en Van Velden oor die samesprekings te Vereeniging en die ondertekening van die dokument te Melrose-huis het daar nog nooit iets verskyn wat die vredesluiting met die gepaardgaande sielewroeging van afgevaardigdes so treffend uitgebeeld het nie. Minder bekend is die vroeë vredespogings deur diegene wat geen begrip gehad het vir die betekenis van die woorde “. . . tot die bittereinde” nie.
Prof. M C E van Schoor slaag daarin om begrip te skep vir wat die bittereinde werklik beteken het en die selfondersoek wat elke afgevaardigde moes doen voordat die vryheid van 'n vaderland weggeteken word. Die studie van die skrywer word deur 'n skitterende proloog voorafgegaan. Die eerste hoofstuk van die doktorale proefskrif van wyle dr. A P J van Rensburg, bekende historikus en politikus, handel juis oor die verarming wat die oorlog teweeg gebring het, weliswaar met verwysing na die Vrystaat. In hierdie proloog word skokkende feite rondom die verskroeide aarde taktiek beklemtoon. 'n Enkele voorbeeld is die feit dat Boere-krygers te velde se plase verkoop is om vir die onderhoud van hul gesinne in die konsentrasiekampe te betaal.
Die outeur, prof. M C E van Schoor, aan vriend en kennis bekend as Dok Tienie, het oor 'n vrugbare leeftyd heen diep spore in die geskiedeniswetenskap getrap. Sy loopbaan het deur die geskiedenis-wêreld beweeg vanaf argiefassistent, onderwyser, dosent, en van 1977 tot 1985 Hoogleraar in Geskiedenis en Departementshoof in die Departement Geskiedenis, Universiteit van die Vrystaat. Sy CV is deurspek met inskrywings soos: Stigterslid van die SA Historiese Vereniging; Hoof-redakteur van die SA Historiese Joernaal, lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns; lid van die Argiefkommissie; lid en voorsitter van die Nasionale Vrouemonumentkommissie; lid en voorsitter van die Beheerraad van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke; en vele meer.
Sy groot belangstelling was ongetwyfeld die Anglo-Boereoorlog met talle publikasies uit sy aktiewe pen. Die Vrystaatse Driemanskap het hy ondervang in sy biografie van dr. J D Kestell, sy bloemlesing oor pres. M T Steyn, Bittereinder aan die woord, en 'n biografie van genl C R de Wet. Genl De Wet se beroemde Strijd tusschen Boer en Brit, het hy opnuut in Afrikaans vertaal en ten volle geannoteer.
Die Bittereinde Vrede is uit die kennis van 'n leeftyd van studie geskryf, maar prof Van Schoor het verder beweeg: hy het dit uit die hart van 'n ware Afrikaner geskryf.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 256 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 2kg |
Prys
| Kleinhandelprys | 325.00 ZAR |
| BTW | 45.50 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 420.50 ZAR |
(Beskikbaar) Versamelaarsoplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 256 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband gebind in Kalfsleer |
| Gewig | 2kg |
Prys
| Kleinhandelprys | 1,350.00 ZAR |
| BTW | 189.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 1,589.00 ZAR |
De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid
Redakteur: AWG Raath
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Kol Frik Jacobs, redakteur van De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, skryf in die Voorwoord tot die boek onder meer:
Die besondere rol wat generaal Koos de la Rey in die Anglo-Boereoorlog gespeel het, moes lankal volledig te boek gestel gewees het. Anders as in die geval van generaal Christiaan de Wet het sy "oorlogsherinneringe" egter nie die grondslag van 'n boek geword nie hoofsaaklik vanweë twee redes: generaal De la Rey se herinneringe was baie kripties, en, hy het dit nie voltooi nie! Hierdie twee faktore was deurslaggewend, dermate dat dit die formaat van hierdie publikasie bepaal het. Die outeur en uitgewer het die jaar waarin die Vierkleur (die vlag van die ZAR) een- honderd-en-vyftig jaar oud sou wees, gesien as die jaar waarin die gedenkboek sal moet verskyn. Dus, wanneer in 2007 hulde aan die vlag gebring word, is dit ook die geleentheid om aan hierdie groot leier uit die Wes-Transvaal hulde te bring.
Eerstens was die outeur geforseer om die kriptiese oorlogsherinneringe baie volledig te annoteer ten einde die leser in staat te stel om die generaal se teks in verband met die gebeure te hou.
Generaal De la Rey was 'n man van min woorde en dit maak annotering noodsaaklik. Maar selfs annotering slaag nie ten volle daarin om die optrede van die generaal en die verloop van die oorlog in die regte verhouding tot mekaar te plaas nie en daarom het die outeur ook gebruik gemaak van 'n tegniek wat gerieflikheidshalwe "fokusinsetsels" genoem word en wat die oorlog in verband met die oorlogsherinneringe bring. Die boek betree egter 'n nuwe genre in die geskiedskrywing, naamlik foto-annotering. Kraal-Uitgewers begin reeds 'n reputasie opbou met betrekking tot nuwe foto's van die Anglo-Boereoorlog wat deur digitale verbetering aan die leser/kyker 'n besondere nuwe fotobeeld van die oorlog bied. Hierdie gedenkboek oortref sy voorgangers in alle opsigte en meer as vyf honderd foto's word op velerlei wyses in die boek gebruik.
Aangesien die foto's so 'n belangrike deel van hierdie gedenkboek uitmaak, word die leser se aandag op drie aspek-te in dié verband gevestig: eerstens is die foto's in die meerderheid gevalle onbekend; tweedens het die foto's, wat meer as 'n honderd jaar oud is, mildelik gebaat by moderne tegnologie en die hand van 'n meester; en derdens slaag die outeur met sy besonder volledige byskrifte om die boek waarde te gee selfs vir die persoon wat die versoeking om te lees, kan weerstaan en net deur die boek wil blaai.
Die slothoofstuk is 'n huldeblyk en nie 'n heldeverering nie. Die noukeurige leser sal sien dat alle stellings met hul deeglike voetnote verwys na tydgenootlike bronne of na latere sinteses deur ervare historici. Hierdie hoofstuk, dalk meer as die res van die boek, verduidelik hoekom hierdie studie lankal reeds moes verskyn het. Dis vir die outeur en alle medewerkers aan hierdie gedenkboek belangrik dat die leser sal besef dat hierdie 'n eerlike poging is, beide ten opsigte van omvang en voorkoms, om perspektief te gee en hulde te bring aan 'n groot veldheer wat as 'n Bittereinder gestalte gegee het aan die heroïese stryd van 'n volk vir vryheid teen die vreemde onderdrukker.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 576 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Paper | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 4kg (insluitende verpakking) |
Prys
| Kleinhandelprys | 394.74 ZAR |
| BTW | 55.26 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 60.00 ZAR |
| Totaal: | 510.00 ZAR |
(Beskikbaar) Tweede-oplaag (Ongenommer)
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 576 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Paper | 135 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 3.2kg (insluitende verpakking) |
Prys
| Kleinhandelprys | 258.00 ZAR |
| BTW | 42.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 350.00 ZAR |
(Beskikbaar) Versamelaarsoplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 576 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Paper | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 4kg (insluitende verpakking) |
Prys
| Kleinhandelprys | 1,600.00 ZAR |
| BTW | 224.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 1,874.00 ZAR |