Die Kantoor
Gedenknaald in die Brandfort-konsentrasiekamp
Kraal-Uitgewers se hoofkantoor is op Brandfort, 'n historiese dorpie in die Vrystaat, gevestig. Die dorp is na president Brand, die befaamde oud-President van die Vrystaatse Republiek, vernoem. Brandfort is verder ook veral bekend vir die vestiging van die konsentrasiekamp langsaan die dorp. Die skilder Vincent van Gogh se jongste broer, Cornelius, het in die dorp tuisgegaan en vroeg in die twintigste eeu op die dorp gesterf. Hy is in 'n ongemerkte graf in die plaaslike begraafplaas begrawe. In 1918 het dr. HF Verwoerd, wie se ouers op die dorp gewoon het, sy matriek by die plaaslike skool geskryf. Suid-Afrika se eerste Republikeinse president, adv. CR Swart, was 'n boorling van Brandfort. Sy plaas, De Aap, is sowat 6 km buite die dorp geleƫ. In die jare sewentig is Winnie Mandela, aktivis en vryheidsvegter en eertydse eggenote van Nelson Mandela, na Brandfort verban waar sy sewe jaar deurgebring het.
Kontakbesonderhede
U is welkom om met ons in verbinding te tree. Ons kontakbesonderhede word op die kontakblad gelys.