Algemene Boeke
Die volgende algemene boeke is reeds deur Kraal-Uitgewers uitgegee. U is welkom om enige van die boeke te bestel (onderworpe aan beskikbaarheid). Alle pryse word gelys in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
Sien ook die resensies en lees gerus meer oor ons Erwe van ons Vaad're- en Erwe vir ons Kinders-reeks.
Klik op een van die kleiner boekomslae hieronder om die boek se volledige inligting te vertoon.
Small Arms of the Anglo-Boer War
Redakteur: Dr. Ron Bester
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Hierdie ensiklopediese hardebandboek is die belangrikste boekstawing oor die wapentuig van die Anglo-Boereoorlog wat nog gepubliseer is. Die wapendeskundige, dr. Ron Bester, is die redakteur van die boek en is bygestaan deur kol. Frik Jacobs, Direkteur van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Ander medewerkers is Terry Wilson, Johan Loock, Hamish Paterson, Duncan Noble, Denny Rademeyer, Fred von Solms, Loyce Hillman, Johan Hatting en Frik Jacobs. Die gewere, karabyne, rewolwers, pistole, ammunisie, asook die bajonette en lanse wat in die Anglo Boereoorlog gebruik is, is geboekstaaf. Die boek is ryklik geïllustreer met foto's en diagramme en is deurgaans in volkleur op hoë gehalte kunspapier gedruk. 'n Standaard- en versamelaarsuitgawe is gedruk.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 400 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 150 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 3kg (insluitende verpakking) |
Prys
| Kleinhandelprys | 300.00 ZAR |
| BTW | 42.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 392.50 ZAR |
(Uitverkoop) Versamelaarsoplaag
Hardeband, gedeeltelik gebind in kalfsleer (die rugkant en hoeke) en met goud op die randte van die papier op drie kante. Die 200 eksemplare is genommer en deur die outeur en/of samesteller onderteken.
Die versamelaarsuitgawe is reeds uitverkoop.
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 400 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 150 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband, gedeeltelik gebind in kalfsleer |
| Gewig | 3kg (insluitende verpakking) |
Suffering of War
Samesteller: Paul Alberts
Loer binne-in hierdie boek
Beskrywing
Suffering of War is 'n opspraakwekkende foto-uitstalling van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, wat in Oktober 2003 in Oliewenhuis-Kunsmuseum in Bloemfontein geopen het. Die tentoonstelling poog om te wys dat lyding die oorheersende gevolg van oorlog is - hetsy dit vroue, kinders, vegtendes, nie-vegtendes, diere of wat ook al is - en dat die boodskap van die Anglo-Boereoorlog en die geskiedenis van Suid-Afrika gedurende die twintigste eeu vir die wêreld is dat die gesprek om 'n onderhandelingstafel die enigste betekenisvolle oplossings bied. Die uitstalling is wyd vir die wêreld aangebied, en die gepaardgaande publikasie, wat as katalogus vir die tentoonstelling gedien het, is die geleentheid om hierdie boodskap in elke huis te bewaar. Die foto-redakteur, Paul Alberts, het 180 foto's uit die Oorlogsmuseum se argiewe gekies wat gepubliseer is met meegaande teks uit publikasies, joernale, dagboeke en verslae wat oor 'n eeu heen oor die Anglo-Boereoorlog gepubliseer is. Kraal-Uitgewers het die boek in opdrag van die Oorlogsmuseum uitgegee. Alle foto's is digitaal verwerk en is in volkleur gedruk sodat die beste moontlike reproduksies van die foto's gepubliseer kon word. 'n Standaard- en versamelaarsuitgawe is gedruk.
(Beskikbaar) Standaard-oplaag
Spesifikasies
| Formaat | 240 mm x 300 mm (portret) |
| Aantal bladsye | 272 |
| Ink | Volkleur deurgaans |
| Papier | 170 gsm kunspapier |
| Omslag | Hardeband met gelamineerde stofomslag |
| Gewig | 2,75kg (insluitende verpakking) |
Prys
| Kleinhandelprys | 240.00 ZAR |
| BTW | 33.60 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 323.60 ZAR |
(Beskikbaar) Versamelaarsoplaag
'n Beperkte oplaag van 100 versamelaarsboeke is gedruk. Hierdie boeke is spesiaal in kunsleer gebind en is genommer en deur Paul Alberts (foto-redakteur en samesteller), kol. Frik Jacobs (skrywer van die teks) en prof Louis Changuion (skrywer van die inleiding) onderteken. Hierdie boeke is andersinds in elke opsig dieselfde as die standaarduitgawe.
Prys
| Kleinhandelprys | 1,000.00 ZAR |
| BTW | 140.00 ZAR |
| Verpakking & posgeld (Hierdie prys sluit in versekeringskoste) | 50.00 ZAR |
| Totaal: | 1,190.00 ZAR |