ImageDescription


Basta – ons voetspore is in Afrika

ImageDescription Dirk Hermann het pas ʼn nuwe boek uit sy pen laat verskyn. Hierdie keer sê hy Basta – ons voetspore is in Afrika! Die boek is in die vorm van ʼn brief aan sy vier dogters. Hy vertel die Afrikanerstorie vanaf 1657 tot vandag aan die hand van sy familiestorie. In die brief aan sy dogters skryf hy oor hulle plek in Afrika. Hy skryf dat die polities gelaaide beeld van die Afrikaner nie aanvaar moet word nie. Hy wil sy dogters bevry van skewe geskiedenisbeelde deur aan hulle hulle familiestorie te vertel.

Om die skewe geskiedenis reg te stel maak hy die geskiedenis lewendig deur te vertel van agteroupagrootjie Hans se bootreis in 1657 na Afrika en hoe hy deur ʼn leeu opgeëet is. Hy vertel oor die ontberings van die Groot Trek en die smarte van die Boere-oorloë. Sy ouma-grootjie is dood in ʼn konsentrasiekamp en ouma het die konsentrasiekamp oorleef. Hy vertel van sy oupa grootjie se ontberinge as banneling en die opstaan tyd na die oorlog. Sy pa vertel van die apartheidstorie en hyself vertel oor sy eie Afrikaneridentiteit na 1994. Hy sluit die boek af met ʼn uitdaging oor sy Afrika identiteit.

Oor die Afrikaner storie en die van sy familie sê hy: Basta – ons voetspore is in Afrika.

Die boek is veel dieper as ʼn familiestorie. Dit is ʼn boek oor Afrikaner identiteit na 1994. Die boek is ʼn uitdaging aan almal wat die Afrikaner storie wil kriminaliseer. Die boek maak Afrikanergeskiedenis vir veral jongmense lewendig. Dit vertel die Afrikaner verhaal, maar aan die hand van die lewe van gewone mense. Vir jongmense en alle Afrikaners daag die boek ook uit om hulle Afrika en Afrikaneridentiteit in ʼn moderne tyd met trots binne ʼn nuwe idioom en idees te herontdek.

Hermann skryf in die boek dat hy hoop dat Basta, Afrikaners sal stimuleer om hulle voetspore in Afrika te soek. Die boek behoort ʼn debat oor Afrikaner identiteit na 1994 los te maak.

Basta – ons voetspore is in Afrika beslaan 88 bladsye en die teks word aangevul deur ‘n aantal foto’s wat digitaal verbeter is. Die boek kos R95 en word deur Kraal- Uitgewers uitgegee.

Daar word ‘n beperkte oplaag gedruk. Om teleurstelling te voorkom moet die bestelling so spoedig moontlik geplaas word. Betaling moet aan Kraal-Uitgewers gemaak word by:


Laai die bestelvorm af


Rekeningnaam: Kraal Uitgewers

Bank: ABSA

Tipe rekening: Tjek

Takkode: 632005

Rekeningno: 40-7672-2420


Stuur u bestelling na Posbus 11760, Centurion 0046 of faks na 012 664 1101.

Om die boek te bestel kan die woord “Basta” ook per sms gestuur word na 34388.