ImageDescription

Wie was Dirkie Uys en Japie Greyling? En Christiaan Beyers? Afrikaanssprekende kinders word op skool die voorreg ontsê om meer te weet van hul voorgeslagte se handel en wandel.

Met die Erwe vir Ons Kinders-reeks spreek Kraal-Uitgewers hierdie probleem aan om vir Afrikaanse kinders vir die eerste keer ‘n volledige oorsig van hulle volk- en vaderlandsgeskiedenis te verskaf. Die boeke sal kinders ook vir die eerste keer in staat stel om ‘n goeie visuele beeld van die Afrikaner se geskiedenis te kry.

Prof Andries Raath is die redakteur van die boeke. Die eerste boek in die reeks handel oor pres. Paul Kruger, die tweede boek handel oor Kaapse rebelle en die derde boek handel oor Japie Greyling.

Elke boek in die reeks bevat opvoedkundige aktiwiteite en is juis so saamgestel dat die leermateriaal op ‘n positiewe wyse aan kinders oorgedra kan word. Boeke word altyd in volkleur gedruk. Boeke se formaat is A5 en sal telkens minstes 64 bladsye beslaan.

Japie Greyling tans uitverkoop

Die prys van boeke in die reeks is R68,00 (BTW ingesluit).

ImageDescription
Laai die bestelvorm af of Kontak ons