Treurgrond (Uitverkoop)
Engelse weergawe beskikbaar vanaf 15 November 2011

Treurgrond word opgedra aan al die vriende en familie van diegene wat op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes vermoor is. Mag die boek aan julle die vertroosting bring dat ons almal saam met julle treur.
Dankbetuiging
‘n Besondere woord van dank gaan aan TLU SA vir die naamlys en besonderhede van plaas- en kleinhoewebewoners wat aangeval en vermoor is.
Ons dank ook aan die koerant Beeld. Ons het swaar gesteun op Beeld se argief vir die boek. Ons gee ook erkenning aan Solidariteit vir sy onmisbare bydrae tot Treurgrond.
‘n Besondere woord van dank aan AfriForum vir die ruim bydrae om hierdie boek moontlik te maak.
Volledigheid
Treurgrond bied ‘n blik op plaasaanvalle in Suid-Afrika. Die boek maak egter glad nie aanspraak daarop om volledig te wees nie. Die getal aanvalle en moorde in die boek is baie konserwatief en bestaan net uit voorvalle wat uit koerante en ander bronne bevestig kon word. Die volledigheid van die beskrywings is ook afhanklik van die volledigheid waarmee koerante en ander bronne die voorvalle beskryf het. Lesers wat oor meer volledige inligting beskik, word aangemoedig om met TLU SA in verbinding te tree sodat die inligting aangevul kan word.
Ouderdomsbeperking
Die boek het ‘n ouderdomsbeperking van 18.
Die rede vir dié beperking is om te probeer voorkom dat kinders die boek sonder die begeleiding van hulle ouers lees.
Spesiale erkenning
Spesiale erkenning word gegee aan AfriForum, ‘n inisiatief van Solidariteit, wat ‘n ruim bydrae gemaak het om hierdie boek moontlik te maak.
Kraal-Uitgewers werk graag saam met AfriForum om bewustheid oor die gruwels van plaasmoorde en aanvalle te bevorder.
R150.00
336 Bladsye
