ImageDescription Tweede oplaag nou beskikbaar - Kliek hier vir meer inligting


Kraal-Uitgewers

Die teleurstellende belangstelling van die algemene publiek tydens die 100-jarige herdenking in 1999 van die Anglo-Boereoorlog (ABO) het daartoe gelei dat Kraal-Uitgewers gestig is.
Die vriendskap van Paul Alberts, bekende fotograaf, met kol. Frik Jacobs, voormalige direkteur van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, het ‘n uitsonderlike oplossing vir hierdie netelige probleem gelewer.
Danksy Alberts se betrokkenheid by die uitgee van sy werk deur die jare heen, het daartoe gelei dat hy waardevolle evaring oor die uitgee van boeke opgedoen het. ‘n Indringende gesprek met kol. Jacobs het daartoe gelei dat Kraal-Uitgewers gestig is. Die uitgewery sou slegs boeke oor die ABO uitgee. Hierdie boeke moes van die beste gehalte moontlik wees en foto’s ter illustrasie van teks moes prominent en omvangryk wees. Die oplae van die boeke sou uiteraard klein wees.

Kraal-Uitgewers se boeke oor die ABO is ‘n liefdestaak wat die reëls van die uitgewersbedryf omverwerp tot voordeel van daardie klein groepie persone wat die belangrikheid van die gebeurtenisse van ‘n eeu gelede nie net besef nie, maar die insig en kennis rakende die ABO wil bevorder.