Nuusbrokkies

Jan Bosman se kommando (Christiana)

Jan Bosman se kommando (Christiana)

Hou hierdie blad dop vir enige noemenswaardige gebeurtenisse.

2007/05/03

Die Kraal-Uitgewers webblad is amptelik geloots. Ons vertrou dat die webblad waardevolle inligting omtrent Kraal-Uitgewers aan belangstellendes sal verskaf.

2007/05/22

Die Bittereinde Vrede deur prof. M.E.C. van Schoor word op 31 Mei 2007 by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bekend gestel. Die 85-jarige prof. Van Schoor reis spesiaal van Bettysbaai om die funksie by te woon. Hierdie boek is die tweede in die Erwe van Ons Vaad’re-reeks.

2007/05/30

Prof. A.W.G. Raath se langverwagte boek oor genl. Koos de la Rey, De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, word op 4 Augustus in Potchefstroom bekendgestel, wanneer 'n tentoonstelling van foto’s oor genl. De la Rey in die Potchefstroom-Kunsmuseum open. Die skrywer het 23 jaar aan die boek gewerk.

De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid beslaan 576 bladsye. Meer as 500 foto’s, waarvan die meeste nog nooit vantevore gepubliseer is nie, verskyn in die hierdie definitiewe studie oor genl. De la Rey en sy merkwaardige eggenote, Nonnie.

Die boek is die hoogtepunt van die 150-jarige herdenking van die Vierkleur. De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid is die derde boek in die Erwe van Ons Vaad’re reeks.

 
↑ Terug na bo