1 Augustus

  • 1654 – Die fort in die Kaap stort stuk-stuk inmekaar, insluitende die bolwerk, Walvis. ʼn jaar later gee Jan van Riebeeck toe dat die fort verkrummel.
  • 1909 – Die sleepboot TE Fuller word uitgestuur om na die skip Waratah en sy 211 passasiers te soek. Die skip was van Durban na Kaapstad onderweg en is vier dae tevore as vermis gerapporteer.
  • 1951 – Die Afrikanerparty, onder leierskap van N.C. Havenga, sluit aan by dr. D.F. Malan se Herenigde Nasionale Party.
  • 1967 – Die vissersboot MGV Athena strand by Robberg, naby Plettenbergbaai, met ʼn duisend ton vis aan boord.