1 Julie 1916 – Coca-Cola stel kenmerkende bottel vry

Op 1 Julie 1916 het die koeldrankvervaardiger Coca-Cola sy kenmerkende bottel vrygestel.

Dit sou egter nog jare wees voordat hierdie drankie in Suid-Afrika beskikbaar sou wees. Die eerste Coca-Cola-koeldranke is eers in 1929 in Kaapstad verkoop. Dit volg sowat 42 jaar nadat die eerste bottel van dié drankie op 8 Mei 1886 in Atlanta, Georgia, in die VSA vir slegs 5 sent verkoop is. In die 1920’s is Coca-Cola ingevoer na Suid-Afrika, maar teen 1940 is die eerste aanleg in Suid-Afrika gevestig. Volgens ’n artikel deur “African Business” oor die geskiedenis van die Coca-Cola-maatskappy is die koeldrank eers in ’n apteek in Atlanta verkoop en in daardie stadium is ’n gemiddeld van slegs nege bottels per dag verkoop.

(Foto: ’n Suid-Afrikaanse Coca-Cola-afleweringswaentjie in die 1940’s. Bron: Bizcommunity; Die transformasie van die Coca-Cola-botteltjies deur die jare.)