1 Junie 1940 – Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers sterf

Op 1 Junie 1940 – vandag 80 jaar gelede – sterf die Afrikaanse digter Jan F.E. Celliers in die ouderdom van 75 jaar.

Jan Francois Elias Celliers is op 12 Januarie 1865 op ’n plaas buite Wellington gebore. Hy was ’n geliefde Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is in 1894 as die staatsbibliotekaris in Pretoria aangestel en toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek het hy by die kommando’s aangesluit. Ná die oorlog werk hy onder meer in die Departement van Binnelandse Sake in Transvaal en word in 1919 as buitengewone professor aangestel by die Universiteit van Stellenbosch. Van Celliers se bekendste gedigte is onder meer “Dis al” en “Die vlakte”.