1 Mei 1933 – Stig van Spesiale Diensbataljon (SDB)

Hierdie militêre eenheid is op voorstel van kol. sir Pierre van Ryneveld en onder beskerming van Oswald Pirow, Minister van Verdediging, in samewerking met die Departement van Arbeid, gestig om opleiding aan jong mans te verskaf wat as gevolg van die ekonomiese depressie geen geskikte werk kon vind nie.

Persone wat hulle opleiding voltooi het, onder wie baie Afrikanerseuns, is hoofsaaklik deur die Unie-Verdedigingsmag, die Suid-Afrikaanse Spoorweë en die Suid-Afrikaanse Polisie in diens geneem.