1 Oktober 1903 – Eerste ernstige motorongeluk vind in SA plaas

Op 1 Oktober 1903 vind die eerste ernstige motorongeluk in Suid-Afrika plaas.

Drie mense is in die ongeluk beseer wat op die spoorlyn in Maitland, Kaapstad, plaasgevind het. Dié ongeluk het nagenoeg sewe jaar ná die koms van die eerste motor na Suid-Afrika plaasgevind. Dié motor, ’n sogenaamde “horseless carriage” – ’n Benz Velo – is teen die einde van 1896 deur die plaaslike besigheidsman John Percy Hess ingevoer. Die eerste openbare demonstrasie van die kar is in Bereapark, Pretoria, gedoen. Selfs pres. Paul Kruger het dié geleentheid saam met ander nuuskierige Pretorianers bygewoon – Kruger het egter die aanbod om met die kar te ry van die hand gewys.

(Foto’s: Hess se Benz Velo en ’n uitnodiging na die tentoonstelling van die eerste motor in Suid-Afrika.)