1 Oktober

  • 1829: Die South African College (SAC) word in Kaapstad geopen. Dié kollege gee uiteindelik aanleiding tot die stigting van die Universiteit van Kaapstad in 1916.
  • 1897: Die Johannesburgse dorpsraad word gestig.
  • 1901: Emily Hobhouse, ’n Britse onderdaan, pleit by die Britse Krygsminister om in die naam van die klein kindertjies wat sy gedurende die Anglo-Boereoorlog sien ly en sterf het, toestande in die konsentrasiekampe te verbeter.
  • 1903: Drie mense is beseer in wat as die eerste ernstige motorongeluk in Suid-Afrika beskou kan word. Die ongeluk het op die spoorlyn in Maitland, Kaapstad plaasgevind.
  • 1908: Geboortedag van dr. Albert Wessels, wat later die stigter van Toyota Suid-Afrika sou word. Hy is op Boshof-distrik in die Vrystaat gebore.
  • 1910: Geboortedag van prof. P.J. Nienaber, die latere voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die stigter van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein.
  • 1927: Chris Lamprecht, bekende Suid-Afrikaanse komponis, koorleier en kenner van Suid-Afrikaanse volksmusiek, is gebore.
  • 1937: Die eerste uitgawe van die koerant, Die Transvaler, wat deur Voortrekker Pers Beperk uitgegee word (en wat later deel van die Perskor-groep sou word) verskyn met dr. Hendrik Verwoerd as die koerant se eerste redakteur.