10 Julie

  • 1797: Petrus Lafras (Piet) Uys, Voortrekkerleier wat saam met sy seun Dirkie in ’n aanval deur die Zoeloes oorlede is, is op dié dag gebore.
  • 1888: João Albasini, prominente handelaar in die Laeveld, sterf in die ouderdom van 75 jaar in die Soutpansberg-distrik. Albasini het reeds in 1831 van Portugal na Lourenço Marques gereis en handelsroetes tussen dié hawestad en die binneland opgestel. Hy het onder meer lede van die Shangaan-nasie opgelei om vir hom olifante te jag. Hy is later so gerespekteer deur dié plaaslike inwoners dat hy tot ’n ereleier verkies is. Die Albasini-dam in Limpopo is na hom vernoem.
  • 1991: Suid-Afrika word tot die Internasionale Krieketraad hertoegelaat.
  • Wêreldnuus: 1509: Die teoloog en hervormer Johannes Calvyn word in Pikardië, Frankryk, gebore.