10 Oktober

  • 1825: Paul Kruger, wat later president van die ZAR sou word, is gebore op die plaas Bulhoek in die Cradock-distrik. (Volgens Kruger se doopseël is hy reeds op 1 Oktober gebore, maar hyself het aangevoer dat 10 Oktober sy geboortedag is.)
  • 1899:. Die ZAR ontvang ʼn antwoord op sy ultimatum van die Britse koningin. In die antwoord word uiteengesit dat die voorwaardes wat die ZAR aan Brittanje gestel het nie verder bespreek sal kan word nie.
  • 1975: Die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg word deur premier B.J. Vorster onthul.