11 April

  • 1838 – Dirkie Uys en sy pa, Lafras Uys, sterf tydens die Slag van Italeni. Nog agt Voortrekkers het ook in die slag omgekom.
  • 1902 – Die Slag van Roodewal vind tydens die Anglo-Boereoorlog plaas waartydens 2 600 burgers ʼn Britse mag van 11 000 man aanval. Kommandant F.J. Potgieter sterf in die slag sowel as 42 ander Boere. ʼn Verdere 50 is gewond, waarvan 40 deur die Britte gevangene geneem word saam met nog 36 nie-gewondes. Aan die Britse kant is 12 soldate dood en 75 gewond. Dit was die laaste groot slag van die oorlog.
  • 2002 – Die wetenskaplike, Wouter Basson, wat onder die NP-regering aan die hoof van die geheime program van chemiese oorlogvoering gestaan het, word op 46 aanklagte van moord, sameswering, dwelmbesit en bedrog vrygespreek.