11 Augustus

  • 1595 – Cornelis de Houtman, Hollandse seevaarder, kom in Mosselbaai aan ná ʼn vaart om Kaappunt. In Mosselbaai dryf hy handel met die plaaslike Khoi-Khoi.
  • 1771 – Kaapse goewerneur Ryk Tulbagh, na wie die dorp Tulbagh vernoem is, sterf in die ouderdom van 72 jaar in Kaapstad.
  • 1950 – Devil’s Tooth, ʼn piek in die Drakensberge, word die eerste keer ‘verower’ toe drie Johannesburgse studente die piek bereik.