11 Julie

  • 1900: Die Slag van Silkaatsnek vind tydens die Anglo-Boereoorlog plaas. Tydens dié veldslag, wat naby die huidige Hartbeespoortdam plaasgevind het, het die Boeremagte, onder leiding van generaal Koos de la Rey, ’n oorwinning oor die Britte onder kommandant H.R. Roberts behaal.
  • 1917: Die Helpmekaarvereniging, wat gestig is om die skuld van die 1914-rebellie te vereffen, hou kongres op Middelburg in die Kaap.
  • 1857: Die vragskip William Bailey strand by Plettenbergbaai. Dié skip, wat van Algoabaai na Londen onderweg was, het aan die brand geraak, maar sy vrag (insluitende wol, velle, horings, volstruisvere en aalwyne) is gered.
  • 1988: Suid-Afrikaanse, Angolese, Kubaanse en Amerikaanse amptenare vergader in New York in ’n poging om die oorlog in Angola en Namibië tot ’n einde te bring.
  • 1989: Die leier van die ANC, Nelson Mandela, kondig in ’n verklaring aan dat onderhandelinge tussen die demokratiese beweging en die ANC die enigste pad na vrede in Suid-Afrika is.
  • Wêreldnuus: 1810: Napoleon annekseer Nederland wat tot en met 1813 onder Franse beheer bly.