12 Maart 1488 – Dias plant kruis by Kwaaihoek

Op 12 Maart 1488 – vanjaar reeds 532 jaar gelede – plant die Portugese ontdekkingsreisiger Bartolomeu Dias ’n kruis by Kwaaihoek, nagenoeg 6 km wes van die Boesmansrivier en sowat 25 km suidwes van Alexandria in die Oos-Kaap. Dié kruis (in Portugees bekend as ’n “padrão”) is die oudste teken van Portugese kontak met Suid-Afrika. In sy plek staan daar vandag ’n replika.

In “Historiese monumente van Suid-Afrika” (deur J.J. Oberholster) word verduidelik dat die oorspronklike kruis vir meer as ’n eeu lank as baken vir verbygaande Portugese seevaarders gedien het. Daar is ook telkens na die kruis in hul reisjoernale verwys, maar teen die 1500’s het verwysings daarna opgedroog. Op 15 Januarie 1938 het die historikus prof. Eric Axelson, ná indringende navorsing, die oorspronklike staanplek sowel as die eerste oorblyfsels van die kruis opgespoor. Die replika is in Junie 1940 onthul. Die oorspronklike kruis was sowat twee meter hoog en vervaardig uit wit kalksteen.

(Fotobron: https://bushmansratepayers.co.za/dias-cross/)