13 April 1688 – Eerste Hugenote land in Kaap

Op 13 April 1688 – vandag 332 jaar gelede – kom die eerste 22 Franse Hugenote kom met die skip “Voorschoten in die Kaap aan.

Meer as 200 000 Franse Hugenote het gedurende die 1600’s en 1700’s uit Frankryk gevlug. Sowat 300 hiervan het aan die suidpunt van Afrika ’n heenkome gevind en ’n noemenswaardige deel (naamlik ’n vyfde) van die destydse Europese bevolking aan die Kaap gevorm. Die meerderheid van die Hugenote het egter na lande soos Amerika, Nederland en Engeland gevlug.

Hoekom het die Hugenote gevlug en watter impak het dit op die bevolking aan die Kaap gehad?
En is jy dalk ’n nasaat van die Hugenote wat meer as 330 jaar gelede na die Kaap gevlug het?

Klik hier vir meer inligting.

(Foto: Die Hugenote-monument op Franschhoek. Lees hier meer oor die simboliek van dié monument.)