13 April

  • 1688 – Die eerste 22 Franse Hugenote kom met die skip Voorschoten in die Kaap aan.
  • 1816 – Die eerste posskip uit Londen, The Eclipse, kom na ʼn vaart van 114 dae in die Kaap aan.
  • 1838 – Die Voortrekker-geselskap van Louis Tregard bereik Delagoabaai nadat hulle in Augustus 1837 uit die Soutpansberg vertrek het.
  • 1906 – Stella Blakemore, Afrikaanse skrywer van jeugreekse insluitende die Maasdorp-reeks word gebore.