Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

Mandjie

Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

1900: Die beleg van Ladysmith word tydens die Anglo-Boereoorlog opgehef.
1991: Danie Schutte, adjunkminister van justisie, kondig aan dat daar in die tydperk tussen Desember 1990 en Julie 1991 meer as 57 000 gevangenes uit Suid-Afrikaanse tronke vrygelaat is. In dié stadium staan die aantal gevangenes in tronke op nagenoeg 86 600.
1991: Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust bied 80 plase in die voormalige Noord-Transvaal aan swart boere aan.
1898: Die Suid-Afrikaanse komponis Johannes Jacobus Fagan pleeg selfmoord in Londen. Hy neem sy eie lewe weens toenemende gesondheidsprobleme en die dood van sy verloofde. Fagan het belangrike bydraes tot die kunslied-genre in Suid-Afrika gemaak en was die eerste Suid-Afrikaanse komponis wat hom op die gebied van orkesmusiek onderskei het.
Wêreldnuus: 1923: Die Britse regering plaas ’n verbod op drankverkope aan persone jonger as 18 jaar.