13 Junie 1922 – Sestigers skrywer Etienne Leroux in Oudtshoorn gebore

Op 13 Junie 1922, vandag 98 jaar gelede, word Stephanus Daniël Petrus le Roux, beter bekend as Etienne Leroux, in Oudtshoorn gebore.

Etienne was een van die grootste skrywers van die Sestigers. In 1964 ontvang hy die Hertzog-prys vir sy boek “Sewe dae by die Silbersteins”. In dieselfde jaar volg die CNA-prys vir “Een vir Azazel” en in 1976 en 1979 ontvang hy beide die CNA- en daarna die Hertzog-prys vir “Magersfontein, O Magersfontein!” Leroux is in 1989 oorlede.