13 Oktober

 

  • 1820: Die Kaapkolonie brei sy grens tot by die Keiskammarivier (sowat 80 km suid van die teenswoordige Oos-Londen in die Oos-Kaap) uit.
  • 1838: Eerwaarde Erasmus Smit skryf op dié dag in sy dagboek oor die Groot Trek dat hulle verskeie valse gerugte oor ʼn moontlike aanval van die Zoeloes ontvang het. Boonop was daar ook die dag ʼn gebrek aan kerslig en kon dié trekgeselskap nie aandgodsdiens hou nie.
  • 1867: Die Jacobs-kinders tel die eerste diamant in Suid-Afrika op die plaas De Kalk in die Hopetown-distrik op. Die diamant, wat later op 21,25 karaat gemeet is, is aan Schalk van Niekerk gegee.
  • 1881: Adderleystraat in Kaapstad kry elektriese ligte.
  • 1880: Die ZAR verklaar homself onafhanklik van Brittanje.
  • 1999: Die NG Kerk word weer as lid van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke toegelaat nadat dié kerk aangekondig het dat apartheid sonde is.
  • 1879: Die eerste president van die Oranje-Vrystaat, Josias Hoffman, sterf in die ouderdom van 71 op sy plaas naby Wepener.
  • 1899: ʼn Britse kommissie vertrek na Argentinië met die opdrag om perde aan te koop vir gebruik in die Anglo-Boereoorlog. Duisende perde en donkies is tydens die oorlog uit onder meer Argentinië, Kanada, die VSA, Italië en Spanje na Suid-Afrika gebring. Die Britse weermag het meer as 669 500 perde gedurende die oorlog tot sy beskikking gehad. Kakiebos, wat vandag nog as ʼn indringerplantspesie in Suid-Afrika beskou word, het saam met die perdevoer uit Suid-Amerika die land ingekom en regdeur die land versprei.