13 September 1966 – John Vorster aangewys as die nuwe hoofleier van die Nasionale Party

Op 13 September 1966, slegs ’n week ná die sluipmoord op die toenmalige eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, word John Vorster aangewys as die nuwe hoofleier van die Nasionale Party (NP) en word ook amptelik aangewys as die nuwe eerste minister van Suid-Afrika.

Vorster het tot 1978 in die amp gedien. Voor dié aanstelling was hy vanaf 1961 tot 1966 die minister van Justisie. Vorster is op 13 Desember 1915 gebore en was vanaf 1953 die NP se LV vir Nigel. Hy is in 1978 tot Staatspresident verkies. Hy het dié pos net vir agt maande beklee voordat hy op 4 Junie 1979 uitgetree het. Vorster is op 67-jarige ouderdom op 10 September 1983 oorlede.

(Foto: ’n Bylaag van die dagblad Beeld fokus op Suid-Afrika se nuwe eerste minister (oftewel premier)).