13 September

  • 1851: Die Helena, ʼn skip wat tussen 1814 en 1831 deur die Britse vloot gebruik is, en hierna aan die Kaap gebruik is, loop op die rotse naby Plettenbergbaai.
  • 1914: Generaal Jan C.G. Kemp lê sy amp as offisier in die verdedigingsmag neer om hom by die 1914-rebellie aan te sluit. Ná sy opspraakwekkende tog deur die Kalahari-woestyn gee hy homself egter aan die Suid-Afrikaanse owerhede oor. Hy is tronkstraf vir sy deelname aan die Rebellie opgelê, maar is in 1916 vrygelaat.
  • 1966: Slegs ʼn week na die sluipmoord op die toenmalige eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, word John Vorster aangewys as die nuwe hoofleier van die Nasionale Party en word ook amptelik aangewys as die nuwe eerste minister van Suid-Afrika.
  • 1983: Die voormalige staatspresident, John Vorster, word op Kareedouw begrawe nadat hy op 10 September oorlede is.