14 Augustus: ʼn Dag net vir Afrikaans

  • 1875 – Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) word in die Paarl gestig.
  • 1895 – Op sy 20ste herdenking besluit die GRA om die eerste Afrikaanse taalkongres in 1896 te hou.
  • 1975 – Presies ’n eeu ná die stigting van die GRA word die Afrikaanse Taalmuseum amptelik in die Paarl geopen. Die museum staan ook as die Gideon Malherbe-museum bekend en maak deel van die Taalmonument uit.
  • 1999 – Soweto se eerste tak van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) word gestig. Elliot Mashinini word as voorsitter verkies.