14 Oktober 1818 – Marthinus Jacobus Oosthuizen gebore

Marthinus Jacobus Oosthuizen, bekend vir sy heldedaad tydens die Groot Trek, is op 14 Oktober 1818 in die Uitenhage-distrik gebore.

In Februarie 1838 het Oosthuizen op die rug van sy perd, Swartjie, ’n vreeslose, heldhaftige daad gepleeg. Tydens ’n Zoeloe-aanval het die Trekkers die dood in die gesig gestaar toe hul ammunisie opgeraak het. Oosthuizen het egter deur die geveg en die nagenoeg 1 500 aanstormende Zoeloes gejaag om voorrade te gaan haal en terug te besorg aan sy makkers. Danksy dié optrede het die Zoeloe-aanvallers kon die Trekkers hulself doeltreffend verdedig, waarna die aanvallers die aftog geblaas het.

Lees meer oor Oosthuizen se heldedaad in Volkshelde en -heldinne van Suid-Afrika, 1773-1899. Dié boek is saamgestel deur Gerhard Cilliers en beskikbaar by Kraal Uitgewers se aanlyn winkel. https://www.kraaluitgewers.co.za/