15 Augustus 1989 – P.W. Botha bedank as SA president

Vandag 31 jaar gelede, op 15 Augustus 1989, bedank P.W. Botha as president en F.W. de Klerk word as waarnemende president aangewys.

Botha het vroeg in 1989 ’n beroerte gehad en daarna as leier van die Nasionale Party bedank. F.W. de Klerk het die nuwe partyleier geword, terwyl Botha intussen as president van die land aangebly het. ’n Algemene verkiesing het in September 1989 voorgelê en die NP het in aanloop daartoe beloftes van onderhandelinge vir hervorming van die politieke bedeling binne die volgende vyf jaar gemaak. Kort voor die verkiesing het Botha egter ’n hewige konfrontasie met sy kabinet gehad en uit die amp as president bedank. De Klerk het waarnemend opgetree, maar is ná die verkiesing formeel as president verkies.

(Fotobron: The Telegraph)