15 Junie 1881 – Doofstom- en Blinde-Instituut skool begin

Op 15 Junie 1881 het die Doofstom- en Blinde-Instituut vir blinde en dowe leerders sy skool in ’n gehuurde kamer in Hoogstraat, Worcester, begin.

Teen 1905 is die onderrig van dowes en blindes geskei. Die Skool vir Blindes se naam is in 1981 verander na Pionierskool en bied vandag steeds opleiding aan blinde, swaksiende, doofblinde en meervoudiggestremde leerders. Die skool vir dowes, bekend as die De la Bat-skool vir dowes, bied skoolonderrig aan dowe leerders en leerders met gehoorverlies tussen 3- en 20-jarige ouderdom.

 

(Foto’s: ’n Groep leerlinge van die Skool vir Blindes, datum onbekend; en dié skool se eerste matriekgroep in 1944. Bron: Pionierskool)