15 Oktober

  • 1686: Die eerste erwe in Stellenbosch word onder die wakende oog van Simon van der Stel self uitgemeet.
  • 1830: Andries Hendrik Potgieter (seun van die Voortrekkerleier A.H. Potgieter) is op Commandodrift naby Tarkastad gebore. Hy was in die 1870’s veldkornet van die Groot Spelonken-wyk in die Soutpansberg en het onder meer ook aan die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) deelgeneem.
  • 1899: Die beleg van Kimberley tydens die Anglo-Boereoorlog begin.
  • 1917:A. Watermeyer, latere bekende Afrikaanse digter, is op ʼn plaas buite Middelburg in die Kaapprovinsie gebore.
  • 1960: ʼn Republiekfees word gehou nadat daar enkele maande tevore tydens ʼn referendum op republiekwording besluit is. Sewe maande later sou Suid-Afrika amptelik ʼn republiek word.
  • 1993:W. de Klerk en Nelson Mandela wen die Nobelprys vir vrede.
  • 1993: Die voormalige politikus, Clive Derby-Lewis, en die Poolse immigrant, Janusz Walus, word op dié dag ter dood veroordeel vir hul aandeel aan die sluipmoord op die sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Chris Hani in April die jaar. Die vonnis sou in 1995 tot lewenslange tronkstraf verander word nadat die doodstraf in Suid-Afrika afgestel is.