15 September 1900 – Danie Theron herbegrawe op familieplaas op Elandsfontein

Op 15 September 1900, vandag 120 jaar gelede, word die liggaam van die verkenner Danie Theron gedurende die Anglo-Boereoorlog opgegrawe en in die geheim op die familieplaas op Elandsfontein herbegrawe.

Theron is op 5 September 1900 by Gatsrand in ’n skermutseling doodgeskiet en eers daar in ’n vlak graf begrawe. Hy word in 1903 weer herbegrawe, hierdie keer langs sy verloofde Hannie Neethling, op haar pa se familieplaas Eikenhof in die Kliprivieromgewing. Hannie is in Augustus 1898 oorlede.

Lees hier meer oor Hannie en Danie se liefdesverhaal – ’n verhaal van liefde tot die dood toe.

Lees in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 meer oor Theron en sy verkenners se betrokkenheid in die oorlog. Die boek is beskikbaar by Kraal Uitgewers se e-winkel.