Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

Mandjie

Geen produkte in jou mandjie.

Kliek hier en gaan snuffel in die Kraal Uitgewers-winkel.

1892: Die eerste trein van Kaapstad, deur Bloemfontein, kom in Johannesburg aan.
1900: Die liggaam van die verkenner Danie Theron word opgegrawe nadat hy op 5 September by Gatsrand in ʼn skermutseling doodgeskiet is. Hy word later langs sy verloofde Hannie Neethling, op haar pa se pa se plaas Eikenhof in die Kliprivier-omgewing, herbegrawe. (Hannie is in Augustus 1898 oorlede.)
1910: Louis Botha se Suid-Afrikaanse Party (SAP) wen 67 van die 130 setels in die parlement en Botha word sodoende die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.
1914: Koos De La Rey (66), held van die Anglo-Boereoorlog en bekend as die Leeu van die Wes-Transvaal, sterf. De la Rey en genl. C.F. Beyers was van Pretoria na Potchefstroom onderweg toe hulle by Langlaagte by een van vele padblokkades wat vir die Forster-bende opgerig is, deurgery het sonder om te stop. Die polisie het op die motor geskiet en De la Rey is noodlottig gewond.