16 Desember 1914 – Jopie Fourie inhegtenis geneem

Op 16 Desember 1914, vandag 106 jaar gelede, word Jopie Fourie en sy broer Hannes tydens die Afrikaner-rebellie van 1914 (toe ’n groep Suid-Afrikaners teen die Botha-regering in opstand gekom het in reaksie op die regering se besluit om tot die oorlog teen Duitsland toe te tree en Duits-Suidwes-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog binne te val) in hegtenis geneem.

Die inhegtenisname vind by Nooitgedacht noordwes van Pretoria plaas. Hy word vier dae later, op 20 Desember, tereggestel. Sy teregstelling het gemoedere in Afrikanergeledere hoog laat loop.

Lees sy volle verhaal in die GRATIS e-boek Jopie Fourie : ’n Lewenskets, hier beskikbaar op Kraal Afgestof.