- 1953: Federale Volksbeleggings en Bonuskor stig die eerste Afrikaanse mynfinansierings- en eksplorasiemaatskappy, Federale Mynbou.
- 1965: Die Bloemfonteinse Onderwyskollege word gestig.
- 1893: Julius Gottlieb Jeppe, die man wat verantwoordelik was vir die verkoop van die meeste van die oorspronklike erwe in Johannesburg, sterf in die ouderdom van 72 jaar.
- 1901: Die Suid-Afrikaanse sopraan, Betsy de la Porte, is op Wolmaransstad gebore.
- 1913: Wetgewing wat die koop en verhuring van grond deur swart mense in Suid-Afrika beperk, bekend as die Wet op Naturellegrondgebied, word aanvaar.
- Wêreldgeskiedenis: 1963: Valentina Tereshkova van die Sowjetunie word die eerste vrou in die ruimte.