16 Oktober 1836 – Die Slag van Vegkop

Die aanloop tot en die aanval self was ’n uiters spanningsvolle ervaring vir die Voortrekkers. Die 51 beskikbare waens is voor die aanval in ’n laer getrek – veertig aan die buitekant en die res in ’n kleiner sirkel in die middel. Die binneste waens het beskutting vir die vroue en kinders gebied en die buitenste sirkel is in ’n bykans ondeurdringbare muur omskep. Die waens is agtermekaar getrek en die voorwiel van die een wa is met kettings en rieme aan die agterwiel van die volgende wa vasgemaak. Die openings tussenin is met doringtakke toegepak…
 
Leer speel-speel meer oor die Voortrekkers en al hulle uitdagings op hulle pad na die noorde, met Die Groot Trek bordspel, beskikbaar by Kraal Uitgewers. https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/die-groot-trek/