16 September 1989 – dr. Rina Venter word 1ste Vroulike Suid-Afrikaanse parlementslid

Op 16 September 1989 word dr. Rina Venter die eerste vroulike Suid-Afrikaanse parlementslid.

Sy word as minister van nasionale gesondheid aangestel en dien tot 1994 in dié portefeulje. Gedurende haar termyn stel sy onder meer strenger regulasies in oor die gebruik van tabak en stel sy ’n gedetailleerde plan vir die MIV/Vigs-pandemie op. Venter se aanstelling was deel van ’n grootskaalse skommeling van F.W. de Klerk se kabinet. Uit die 17 kabinetslede wat De Klerk van sy voorganger, P.W. Botha, geërf het, is net ses lede in hul portefeuljes behou. De Klerk het ook op dié dag beklemtoon dat groot veranderinge in die volgende vyf jaar beplan word. “The time has arrived for us to start writing a new chapter in the history of South Africa,” het De Klerk volgens The Washington Post gesê oor die tyd wat voorlê.