17 April

  • 1658 – Pieter van der Stael stig die eerste skool in die Kaap. Die skool was ʼn VOC-slaweskool.
  • 1662 – Die eerste appels word in die Kompanjiestuin in Kaapstad gepluk. Dié appeltjies, wat as “wynappels” bekendgestaan het, is gekweek uit ʼn soort appels wat oorspronklik uit Nederland ingevoer is.
  • 1935 – Die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga word gestig.
  • 1948 – Die Hugenote-monument word vyf jaar nadat dit voltooi is op Franschhoek geopen. C.P. Walgate was die argitek en Coert Steynberg beeldhouer van die vrouebeeld voor die monument.
  • 1990 – President F.W. de Klerk kondig in die parlement aan dat magsdeling met ʼn gelyke stem vir alle Suid-Afrikaners en die grondwetlike beskerming vir minderhede die enigste lewensvatbare opsie vir Suid-Afrika is.