17 Julie

  • 1828: Khoi-khoi-wetgewing word na die uitvaardiging van Ordonnansie 50 afgeskaf. Dit beteken dat geen Khoi-persoon van die Kaapkolonie meer tot arbeid gedwing kon word nie en dat hulle voortaan ook grond mag besit.
  • 1890: Cecil John Rhodes word premier van die Kaapkolonie.
  • 1932: Vyf mense sterf nadat ʼn goederetrein, met ʼn vrag van 312 ton dinamiet naby Leeudoringstad in die suidweste van die destydse Transvaal, ontplof.
  • 1950: Suid-Afrikaanse wetgewing oor die onderdrukking van kommunisme word gepubliseer.
  • Wêreldnuus: 1998: Die laaste Russiese tsaar, Nikolaas II en sy gesin, wat reeds 80 jaar vantevore tereggestel is, word in St. Petersburg herbegrawe.