17 Mei 1900 – Beleg van Mafeking opgehef

Vandag 120 jaar gelede, op 17 Mei 1900, is die Beleg van Mafeking opgehef.

Die beleg het twee dae ná die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 begin en uiteindelik 217 dae lank geduur. ’n Mag van nagenoeg 1 500 Britse soldate, onder leiding van kolonel Robert Baden-Powel, is in dié dorp slegs sowat 13 km van die Transvaalse grens deur ’n Boeremag onder genl. Piet Cronjé beleër. 

(Foto: Dié foto, uit die aanlyn versameling van Soldiers of the Queen, is in 1900 in Chesterfield, Engeland, geneem. Volgens die byskrif wat daarby geplaas is, is dié seuns in kostuums – gemaak uit Union Jacks – uitgevat ter viering van die beëindiging van die Beleg van Mafeking.)