17 Oktober

  • 1887: Die koerant, Eastern Star, voorloper van die latere Star, verskyn vir die eerste keer in Johannesburg.
  • 1899: Vrystaatse magte onder leiding van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en generaal C.J. de Villiers vaar Natal in via die Van Reenens-, De Beers-, Tintwa- en Oliviershoekpasse tydens die Anglo-Boereoorlog.
  • 1900: Tydens die Anglo-Boereoorlog verklaar kommandant-generaal Louis Botha teenoor Lord Roberts dat hy verneem het dat Britse troepe “barbaarse aksies” uitvoer deur onder meer privaat huise op te blaas, te vernietig en alle voedselvoorsiening van die families van vegtendes te ontneem. Hy beklemtoon voorts dat hoewel Roberts hierdie vorm van oorlogvoering as beskaafd mag sien, hy dit nie as sodanig beskou nie en dat hy die oorlog voortaan op dieselfde “menslike” manier as die Britte sal voortsit.
  • 1989: Beleggers in Suid-Afrika verloor binne ʼn bestek van ʼn paar uur sowat R30 miljard nadat ʼn skerp daling in die prys van aandele op die Johannesburgse Effektebeurs aangeteken is. Dit is die tweede skerp daling wat in minder as twee jaar plaasvind en volg op die dalings wat op 13 Oktober op Wall Street in die VSA aangeteken is.