17 September

  • 1819:W. (Marthinus Wessel) Pretorius, eerste president van die ZAR en seun van voortrekkerleier Andries Pretorius, word gebore. As die eerste president van die ZAR streef hy na ʼn sterker verhouding met die Oranje-Vrystaat. In 1859 en 1860 word hy gelyktydig president van beide die ZAR en die Oranje Vrystaat. Hy word deur Paul Kruger as president van die ZAR opgevolg.
  • 1948: Maria Lee, ’n berugte Suid-Afrikaanse moordenares, word op dié dag by die Pretoria Sentraal-gevangenis gehang. Sy is skuldig bevind aan moord nadat bevind is dat sy haar minnaar, Alwyn Smith (26), met arseen vergiftig het.
  • 1999: Breyten Breytenbach, wêreldbekende Afrikaanse skrywer en digter, ontvang die Hertzog-prys vir poësie vir sy twee digbundels Oorblyfsels en Papierblom.