18 April 1986 – Wild Coast Sun bom ontploffing

Op 18 April 1986 ontplof ’n bom by die Wild Coast Sun-casino in Transkei. Twee mense sterf, terwyl drie beseer is in die bom wat deur twee Umkhonto we Sizwe (MK)-lede geplant is. Die MK-lede is ná die aanval in hegtenis geneem, aangekla en skuldig bevind aan moord en sabotasie. Albei is ter dood veroordeel, maar die straf is ná hul appèl verminder tot tronkstraf van 18 jaar. Op 28 April 1999, tydens die verhore van die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK), is albei mans met onmiddellike effek amnestie toegestaan. Volgens ’n SAPA-berig oor die amnestieverhoor, is bevind dat die aanval uitgevoer is om politieke redes en nie vir persoonlike voordeel nie. Bhekinkosi Ntakana en Thomas Hudson is dood in die ontploffing, terwyl Martha Boshoff, Thamsanqa Dlamini en Wieslaw Stefan Nowak ernstig beseer is. 

(Bron: Justice.gov.za)

(Tekenprent: Dié illustrasie deur Zapiro wat die uitdagings van die WVK uitbeeld. Bron: Zapiro, South African History Archive)