18 April

  • 1862 – Stephanus Schoeman, die waarnemende president van die ZAR, word geskors weens pligversuim.
  • 1900 – President van die Vrystaat, M.T. Steyn, stel genl. Christiaan de Wet aan as opperbevelvoerder oor die Vrystaatse magte.
  • 1986 – ʼn Bomontploffing vind by die Wildekus-casino in Transkei plaas waarin twee mense sterf en drie beseer word. Die MK was verantwoordelik vir die bom en twee mans direk daarby betrokke is skuldig bevind en ter dood veroordeel, maar is tien jaar later amnestie gegee.