18 Maart 1834 – Maria Koopmans-De Wet gebore

Op 18 Maart 1834 is Maria Koopmans-De Wet in die Kaap gebore. Sy was gedurende die Anglo-Boereoorlog aktief betrokke by verskeie petisies, vergaderings en die insameling van noodsaaklike middele vir behoeftige mans, vroue en kinders van die twee Boererepublieke, veral vir dié in konsentrasiekampe. Koopmans-De Wet was een van die mees vooraanstaande Kaapse Afrikaners van haar tyd. Sy is in 1864 met Johan Christoffel Koopmans getroud. Hy sterf egter in 1879 waarna Maria vir die res van haar lewe swart gedra het. Sy het haar onder meer ook vir die bewaring van Kaapse geboue beywer en is selfs eens op ’n tyd deur Cecil John Rhodes as die “gevaarlikste vrou in die Kaapkolonie” beskou. Lees hier meer oor dié interessante kampvegter se lewe.

Maria Koopmans-De Wet: Die vergete heldin