18 September

  • 1860: Die Suid-Afrikaanse Biblioteek en Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad word amptelik deur die 16-jarige prins Albert van Engeland, die hertog van Edinburg, geopen.
  • 1945: ʼn Nuwe droogdok – die grootste van sy soort in die suidelike halfrond – word in die Tafelbaaise hawe geopen.
  • 1963: Die Verenigde Nasies se spesiale komitee oor apartheid versoek die opskorting van die uitvoer van brandstof en wapens na Suid-Afrika.
  • 1990: Die prokureur-generaal van die Witwatersrand kondig aan dat Winnie Mandela en sewe ander beskuldigdes in die Randse hooggeregshof verhoor sal word. Hulle sou tereg staan op aanklag van ontvoering en vier aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
  • 1999: Op die finale dag van die Afrika-spele in Johannesburg eindig Suid-Afrika boaan die rangleer met 180 medaljes. Egipte is in tweede plek met 156 medaljes en Nigerië derde met 128.